Die Grondwet, kerke en gays se regte: Suid-Afrikaanse gevallestudies

التفاصيل البيبلوغرافية
العنوان: Die Grondwet, kerke en gays se regte: Suid-Afrikaanse gevallestudies
المؤلفون: Kobus Dü Pisani
المصدر: Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Volume: 61, Issue: 1, Pages: 193-210, Published: MAR 2021
بيانات النشر: Academy of Science of South Africa, 2021.
سنة النشر: 2021
مصطلحات موضوعية: General Arts and Humanities, Grondwet, kerke, General Social Sciences, verstrengelingsleerstuk, gelykheid, burgerlike howe, South Africa, Constitution, Suid-Afrika, godsdiensvryheid, religious freedom, entanglement doctrine, churches, civil courts, equality, gays
الوصف: Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm gay persone teoreties teen onbillike diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie. In die praktyk word die grondwetlike waarborg van beskerming teen diskriminasie gereeld negeer, onder meer in kerke se indiensnemingspraktyke. Hierdie artikel ontleed twee gevallestudies waar werknemers van kerke hul werkgewers hof toe geneem het oor beweerde onbillike diskriminasie op grond van hul seksuele oriëntasie. In beide gevalle was die opweging van grondwetlike regte, spesifiek die reg op gelykheid teenoor die regte op vryheid van godsdiens en van assosiasie, op die spel. Weliswaar het die twee sake uiteenlopende uitkomste gehad, maar in beide gevalle het dit geblyk dat Suid-Afrikaanse howe onwillig bly om in die leerstellings en interne sake van kerke in te meng en verkies om hulle uitsprake te beperk tot die kerke se korrekte en billike toepassing van hul eie beleid en prosedures. Dus is gay persone wat die burgerlike howe nader oor onbillike diskriminasie nie op grond van grondwetlike waarborge vanselfsprekend verseker van sukses nie. Interne skikking binne die kerke bly die voorkeuropsie vir die beslegting van sulke geskille. Internasionaal en in Suid-Afrika is daar 'n positiewe tendens dat houdings ten gunste van gay regte vinnig veld wen in die samelewing, insluitende godsdiensgemeenskappe, en dat selfs in konserwatiewe hoofstroomkerke gelyke regte vir gays spoedig 'n realiteit behoort te wees. In South Africa gay persons are theoretically protected in the Constitution against unfair discrimination on account of their sexual orientation. However, in practice, for example in the employment practices of churches, transgression of this constitutional guarantee often occurs. This paper analyses two case studies where church employees took their employers to court for unfair discrimination on the basis of their sexual orientation. In both cases the balancing of constitutional rights, the right to equality on the one hand and the rights to freedom of religion and assembly on the other hand, were at stake. Although the two cases had very different outcomes, they both demonstrated that South African courts remain reluctant to interfere in the doctrines and internal affairs of churches and prefer to limit their judgement to whether the churches applied their own policies and procedures fairly. Therefore, gay persons taking cases of unfair discrimination in churches to the civil courts in South Africa are not assured of success. The preferred route to resolve such cases is internally within the churches rather than in the courts. The hopeful trend, internationally and in South Africa, is that attitudes in favour of gay rights are rapidly gaining ground in society, including in religious communities, and that soon, even in conservative mainline churches, full equality for gays will be a reality.
وصف الملف: text/html
تدمد: 2224-7912
0041-4751
URL الوصول: https://explore.openaire.eu/search/publication?articleId=doi_dedup___::b7ebaea15dc2c0365526d87f736988bc
https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a12
حقوق: OPEN
رقم الأكسشن: edsair.doi.dedup.....b7ebaea15dc2c0365526d87f736988bc
قاعدة البيانات: OpenAIRE