Paul Ricoeur en die belang van 'n transendente aard van geluk

التفاصيل البيبلوغرافية
العنوان: Paul Ricoeur en die belang van 'n transendente aard van geluk
المؤلفون: Verhoef, A H
المصدر: Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Volume: 54, Issue: 4, Pages: 771-787, Published: DEC 2014
بيانات النشر: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2014.
سنة النشر: 2014
مصطلحات موضوعية: philosophical anthropology, existentialism, subjektiewe welsyn, positiewe psigologie, positive psychology, immanence, menslike begeertes, immanensie, filosofiese antropologie, geluk, subjective well-being, transendensie, human desires, Paul Ricoeur, eksistensialisme, happiness, transcendence, eudaimonia
الوصف: In sy filosofiese antropologie ontwikkel Ricoeur 'n unieke verstaan van geluk, in aansluiting by Aristoteles en Kant, maar ook in reaksie op die eksistensialisme van sy tyd. Ricoeur se verstaan van geluk as transenderend van aard staan in kontras met kontemporêre immanente beskouinge van geluk. Ricoeur slaag daarin om die mens se oneindige begeertes en feilbaarheid in verband te bring met die mens se ewige soeke na geluk: die ontwykende en oneindige aard van geluk is vir hom 'n noodsaaklike teenpool vir die eindige, eksistensieel ontkennende pool van die mens, wat albei inherent deel van die menslike aard is. Volgens Ricoeur se begrip van geluk is dit dus deel van die mens se voortgaande hermeneuties eksistensiële projek, en dit is nie-reduksionisties en transenderend van aard. Dit is juis Ricoeur se verstaan van geluk as transenderend van aard wat dit van voortgesette waarde maak vir die kontemporêre interdissiplinêre soeke na en verstaan van geluk.
وصف الملف: text/html
اللغة: Afrikaans
URL الوصول: https://explore.openaire.eu/search/publication?articleId=od______1575::78a7ea3e7468dd98ca5f34a689a76151
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512014000400013&lng=en&tlng=en
حقوق: OPEN
رقم الأكسشن: edsair.od......1575..78a7ea3e7468dd98ca5f34a689a76151
قاعدة البيانات: OpenAIRE